Oudtshoorn Info
Sunday, 21 July 2019  7:20pm SA Time 
Back to Main News page
CANGO WILDLIFE RANCH - NUWE BEDRYFSDIREKTEUR

CANGO WILDLIFE RANCH het nuwe BEDRYFSDIREKTEUR aangestel

"Ons is voorwaar bevoorreg om Hugo du Plessis in die familie by te voeg en ek weet dat ons nog baie by hom gaan leer," het Mnr Andrew Eriksen, gesê toe hy tydens die tradisionele oggend stoep-vergadering vir du Plessis as die nuwe Bedryfsdirekteur by Cango Wildlife Ranch verwelkom en voorgestel het. Andrew en Glenn Eriksen het Cango Wildlife Ranch in 1977 bekom en dit met baie harde werk, liefde en passie verander van "Die Krokkodil Plaas" tot multi geakkrediteerde "Cango Wildlife Ranch" wat nou oor die 90 verskillende diere-spesies huisves. Die aanstelling van Mnr Hugo du Plessis as Bedryfsdirekteur kom na ´n besluit van die Ericksons om so bietjie méér tyd te spandeer aan hul familie, te reis en ander drome - Hulle sal nog steeds baie betrokke bly by die besigheid wat steeds hul passie bly.

Hugo du Plessis is ´n hoogs gerespekteerde bankier in Oudtshoorn en omliggende areas wat groot waarde tot die sukses van ABSA oor die laaste 15+ jaar gevoeg het, en vanaf 2006 as die Verkoops Bestuurder van die Kommersiële Besigheids afdeling vir ABSA, Suid Kaap. Du Plessis sal sy passie vir mense, bemarking en besigheid toevoeg tot die "ranch" se amper 100 voltydse personeel en nog talle tydelike personeel sowel as nasionale en internasionale vrywilligheids-werkers. Nie net is Hugo du Plessis ´n bobaas met syfers en besigheid nie, maar is ook ´n kranige fietsryer en aktivis. Net verlede jaar het hy R100 000 ingesamel vir Options Care Centre deur 361km self af te lê tydens die 36ONE MTB resies! Hy het ook ´n pittige sin vir humor, en al kan hy met alle erns sake aanspreek, is hy ´n wonderlike motiveerder.

Hy was op Laerskool van Rheede in Oudtshoorn. Daarna na Struisies waar hy uitgeblink het in rugby en ook vir die eerste rugbyspan gespeel het. Na skool is hy weermag toe. Daarna het hy hom as gesinsman, asook in die korporatiewe wêreld gevestig. Dit was nie aldag maklik om pas getroud, en met ´n eersteling in hul midde sy meestersgraad in Besigheidsbestuur te bereik nie - maar soveel te meer is Hugo vir die span by Cango Wildlife Ranch ´n voorbeeld en een waaroor almal opgewonde is om na op te kyk.

Laaste maar nie die minste nie, wil ons ook drie van ons toegewyde personeel baie gelukwens met hulle bevordering tot splinternuwe posisies. Ons verwelkom Narinda Pentz as Assistent Direkteur: Dierkunde, Tammy Moult as Assistent Direkteur: Toerisme en Annelize Greeff as Assistent Direkteur: Admin/Kleinhandel. Hou jou oog op Cango Wildlife Ranch - hier kom ´n ding, ´n wilde ding!!!


  Article Date: 4 May 2016

Older articles filed under Archives

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main News pageTo Top

Did You Know ?

Insects are the preferred snack for meerkats (suricates), but they also dig for scorpions and will take lizards and small snakes.

Book Online Three times AA award winning Guest HouseKlein Karoo WeddingsSurval Boutique Olive EstateSwartberg Circle RouteRoute 62Lugro Ostrich Leather ProductsBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationHlangana LodgeOudtshoorn Estate Agent - Pam Golding

Local Flora

Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •