Oudtshoorn Info
Sunday, 21 July 2019  7:22pm SA Time 
Back to Main News page
BEKROONDE KITAARSPELER JAMES GRACE BY KLEIN KAROO KLASSIQUE 2016

James Grace

'n Uitvoering deur die SAMA-bekroonde kitaarspeler, James Grace, is 'n hoogtepunt vir liefhebbers van klassieke musiek by vanjaar se Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Die fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn word van Vrydag, 12 tot Sondag, 14 Augustus vir die agtste keer aangebied.

"Ek is baie bly dat ek na die fees genooi is en sien daarna uit om met my solo-optrede, From Bach to the Beatles, 'n meer diverse program met die gehoor te deel", sê Grace.

Sy uitvoering vind Saterdag, 13 Augustus om 09:30 in die NGK Park plaas. Hy het by die eerste Klassique in 2009 opgetree en sien uit na sy terugkeer, met musiek van sy SAMA-genomineerde albums, sowel as nuwe, oorspronklike interpretasies van musiek uit sy konsert Guitar Hero. Musiek deur Spaanse komponiste waaronder Albeniz, Rodrigo en Tàrrega word ook gehoor.

Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Klein Karoo Klassique, sê kaartjies verkoop reeds flink. "Feesgangers moet seker maak hulle koop kaartjies vroegtydig vir hierdie jaar se musiekprogram van intieme optredes deur bekroonde klassieke musici." Volgens Snyman kan feesgangers uitsien na 'n diverse program. "Ons is daarvan oortuig dat die program iets vir elke liefhebber van klassieke musiek se smaak bied."

Saam met Grace op die program is uitvoerings deur Grammy-wenner Wouter Kellerman (fluit), die Cape Town Tango Ensemble in Piazzolla and Beyond, Vier vir Twee met Mareli Stolp (klavier) & Morné van Heerden (klarinet), Nagmusiek met Grethe Nöthling (klavier), Matildie Thom Wium (mezzo-sopraan) & voorlesings deur Stephanus Muller, die Helderberg Baroque Trio en die ATKV Afsluitingskonsert met Noluvuyiso Mpofu (sopraan), Junnan Sun (klarinet), Elna van der Merwe (klavier) en die bekroonde Suid-Kaap Kinderkoor o.l.v. Jan-Erik Swart.

"Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home en kos R125 per uitvoering. Die program is so saamgestel dat geen optredes bots nie", sê Snyman. Na verlede jaar se positiewe terugvoer, word meeste uitvoerings in die NGK Park aangebied. Sondag se uitvoerings vind op die pragtige Surval Boutique Olive Estate net buite Oudtshoorn plaas.

Plaaslike en besoekende kunsgalery en restaurante bied tussen uitvoerings talle geleenthede vir gesellige kuier en samesyn aan. Meer inligting is op Klassique se nuwe webblad by www.klassique.co.za beskikbaar. Bly ook op hoogte van feesnuus op Facebook (@KleinKarooKlassique), Twitter (@kkarooklassique) en Instagram (@kleinkarooklassique).

Source: Klein Karoo Klassique


  Article Date: 4 July 2016

Older articles filed under Archives

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main News pageTo Top

Did You Know ?

The aardvark has fewer teeth than most mammals. The teeth are columnar in shape, have no roots and do not grow simultaneously.

Book Online Oudtshoorn Estate Agent - Pam GoldingSurval Boutique Olive EstateThree times AA award winning Guest HouseHlangana LodgeBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationKlein Karoo WeddingsSwartberg Circle RouteLugro Ostrich Leather ProductsRoute 62

Local Flora

Succulent Karoo species
Web Design and Development
Copyright © 2019  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •