Oudtshoorn Info
Tuesday, 25 July 2017  0:48am SA Time 
Back to Main News page
UITBLINKER BY GROOT INTERNASIONALE SANGKOMPETISIE TE SIEN BY KLASSIQUE

Noluvuyiso Mpofu

Klein Karoo Klassique eindig vanjaar met die ATKV Afsluitingskonsert, ’n pragkonsert deur verskeie bekroonde kunstenaars. Noluvuyiso Mpofu, sopraan vir diè uitvoering, is op Saterdag, 2 Julie 2016 tydens die 35ste Hans Gabor Belvedere Internasionale Sangkompetisie in Kaapstad, met ’n rits pryse beloon.

Mpofu het ’n algehele tweede plek behaal, die gehoorprys èn prys as beste Suid-Afrikaanse deelnemer by die kompetisie, een van die grootste sangkompetisies in die wêreld, ontvang. "Dit was wonderlik om op eie bodem aan diè kompetisie deel te neem, met my familie en vriende wat my deur die loop van die kwalifiserende rondtes kon ondersteun. Die pryse was egter die kersies op die koek", sê sy.

"Ek sien baie daarna uit om by Klein Karoo Klassique op te tree en my talent met mense te deel wat die kuns van musiek geniet en waardeer", sê sy. Dit is die tweede jaar dat Mpofu by Klassique optree. Sy was in 2013 as finalis van ATKV-Muziqanto in die Mimi Coertse Galakonsert te sien, asook tydens Haydn’s Nelson Mass. Mpofu is ’n lid van Kaapstad Opera.

Volgens Ilse Schürmann, vervaardiger van die ATKV Afsluitingskonsert namens die ATKV, is diè uitvoering uniek aangesien die kunstenaars nog nie vantevore saamgewerk het nie. "Die kunstenaars bied ’n unieke kombinasie van ’n baie hoë standaard en die gehoor kan vermaak van hoogstaande gehalte verwag", sê sy. Schürmann beskryf Klein Karoo Klassique as ’n baie belangrike toonvenster vir Suid-Afrika se voorste klassieke musiektalent.

Die ATKV Afsluitingskonsert word op Sondag, 14 Augustus om 12:00 by die pragtige Surval Boutique Olive Estate net buite Oudtshoorn aangebied. Mpofu deel die verhoog met Junnan Sun (klarinet) en die Suid-Kaap Kinderkoor o.l.v. Jan-Erik Swart. Hulle word deur Elna van der Merwe op klavier begelei. Hoogtepunte op die program sluit in Verdi se È strano! uit La Traviata - die stuk wat aan Mpofu die tweede plek tydens die Belvedere besorg het - en Sun se uitvoering van dele uit Mozart se Klarinet Concerto, bekend as deel van Out of Africa se temamusiek.

Mpofu was in 2015 die wenner van ATKV-Muziqanto, die grootste jaarlikse klassiekesangkompetisie in Suid-Afrika, Sun die wenner van ATKV-Muziq in 2015, die grootste jaarlikse klassieke instrumentale kompetisie en die Suid-Kaap Kinderkoor het in Mei vanjaar die eerste plek (met lof) tydens die 64ste Europese Musiekfees vir Jongmense in België verower.

Klein Karoo Klassique word van 12 tot 14 Augustus vir die agtste keer op Oudtshoorn aangebied. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home. Meer inligting is op Klassique se nuwe webblad by www.klassique.co.za beskikbaar. Bly ook op hoogte van feesnuus op Facebook (@KleinKarooKlassique), Twitter (@kkarooklassique) en Instagram (@kleinkarooklassique).

Source: Klein Karoo Klassique


  Article Date: 11 July 2016

Older articles filed under Archives

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main News pageTo Top

Did You Know ?

The Bushmen were named "Boschmanneker" by the early Dutch settlers, the name given to the orangutang of the Dutch East Indies.

Book Online Klein Karoo WeddingsLugro Ostrich Leather ProductsHlangana LodgeThree times AA award winning Guest HouseSwartberg Circle RouteBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationSurval Boutique Olive EstateRoute 62

Local Flora

Succulent Karoo species
Web Design and Development
Copyright © 2017  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •