Oudtshoorn Info
Thursday, 27 April 2017  3:17am SA Time 
Back to Main News page
AGTSTE KLEIN KAROO KLASSIQUE BEKOOR KUNSTENAARS EN FEESGANGERS

"Die agtste Klein Karoo Klassique, in sy korter naweekformaat, was ’n triomf vir feesgangers en kunstenaars. Al sewe uitvoerings is deur groot gehore ondersteun en kaartjieverkope dui op hoër gemiddelde bywoning as verlede jaar." So sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van dié klassieke musiekfees, wat Sondag, 14 Augustus op Oudtshoorn ten einde gekom het.

Volgens Snyman is 89% van die beskikbare kaartjies benut. "Twee uitvoerings het heeltemal uitverkoop en die afslagpakkette vir feesgangers wat elke noot wou hoor, was kort nadat kaartjieverkope geopen het reeds uitverkoop." Die uitvoering wat die grootste gehoor gehad het, was Sondagmiddag se ATKV Afsluitingskonsert met sopraan Noluvuyiso Mpofu, klarinetspeler Junnan Sun en die Suid-Kaap Kinderkoor o.l.v. Jan-Erik Swart.

"Kunstenaars was vol lof vir die uitstekende akoestiese ruimtes en die warm ontvangs wat hulle van gehore ontvang het. Daarenteen het feesgangers lof gehad vir die variasie in genres en klankwêrelde, kwaliteit van uitvoerings en kunstenaars se toeligting oor hul programme, wat nie net die musiek meer toeganklik gemaak het nie, maar die gehoor ook toegelaat het om die kunstenaars as mense te ervaar", sê sy.

Vanjaar se program het uit ’n gevarieerde klassieke musiekaanbod bestaan, wat verseker het dat elke uitvoering sy eie bekoring gehad het. "’n Groot hoogtepunt op die musiekprogram was Wouter Kellerman se fluituitvoering. Die uitstekende akoestiek in die NGK Park en warm ontvangs deur die gehoor het dit vir hom, Luke van der Merwe (kitaar), Phresh Makhene (baskitaar en sang) en Della Tamin (kitaar en sang) ’n belewenis gemaak wat met wêreldverhoë vergelyk", vertel Snyman.

Gehore was verder verras deur Nagmusiek, waarin die vroeë musiek van Arnold van Wyk (baie daarvan op De Rust geskryf) deur Grethe Nöthling (klavier) en Matildie Thom Wium (mezzo-sopraan) uitgevoer is. Wat die uitvoering ekstra spesiaal gemaak het, was voorlesings deur Stephanus Muller uit sy biografie oor Arnold van Wyk.

Snyman moedig feesgangers aan om terugvoer oor hierdie jaar se Klein Karoo Klassique na info@kunste.org.za te stuur en solank die datums vir volgende jaar se fees in hul dagboeke aan te teken. Die negende Klein Karoo Klassique word van Vrydag, 11 tot Sondag, 13 Augustus 2017 op Oudtshoorn aangebied.

Source: Klein Karoo Klassique


  Article Date: 23 August 2016

Older articles filed under Archives

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main News pageTo Top

Did You Know ?

Therapsids are the true ancestors of mammals, and lived over 200 million years ago, long before the upstart dinosaurs of the Jurassic Age (which ended abruptly 65 million years ago). Most of the world's proto-mammalian fossils are found in the Karoo - along with a 280 million year old fossilized shark.

Book Online Swartberg Circle RouteThree times AA award winning Guest HouseHlangana LodgeSurval Boutique Olive EstateKlein Karoo WeddingsBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationRoute 62Lugro Ostrich Leather Products

Local Flora

Succulent Karoo species
Web Design and Development
Copyright © 2017  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •