Oudtshoorn Info
Tuesday, 25 July 2017  0:47am SA Time 
Back to Main News page
OPWINDENDE NUWE GELEENTHEID VIR SKRYWERS

Alle Suid-Afrikaanse skrywers word uitgenooi om nou voorstelle in te dien om aan Kunste Onbeperk se vars en opwindende vertoonkas vir nuwe Afrikaanse verhoogtekste deel te neem.

"By ons nuwe Teksmark kan skrywers die verhoogmatigheid van nuwe verhoogtekste toets en, met terugvoer van rolspelers in die bedryf, voltooi of afrond," vertel RhodéSnyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk. Hierdie inisiatief word ondersteun deur die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATI) en die Baxter Teatersentrum.

Volgens Hugo Theart, kreatiewe hoof van Kunste Onbeperk, het skrywers tot Maandag, 12 September 2016 om voorstelle elektronies in te dien. Voorstelle word dan tot ’n leesteaterprogram verwerk, wat op 31 Oktober en 1 November by die Baxter Teatersentrum in Kaapstad aangebied word.

"Skrywers kry by die Teksmark die geleentheid om met verteenwoordigers van teaters, feeste, vervaardigers en ander moontlike beleggers oor hul teks-idees te gesels en selfs te onderhandel oor moontlike belegging in - en verdere ontwikkeling van - hul tekste", verduidelik Theart.

Tekste, in alle Suid-Afrikaanse tale, wat nog nooit voorheen professioneel opgevoer is nie, kan ingeskryf word, solank die skrywer inwillig dat die teks in Afrikaans vertaal mag word. "Die doel van die Teksmark is om broodnodige ontwikkeling van - en ondersteuning aan - die skryf van goeie nuwe teatertekste te stimuleer, om afgeronde en geslypte tekste vir toekomstige opvoerings te bied", sê Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATI.

Voorstelle moet teen Maandag, 12 September 2016 elektronies aan Linda Marques, programbestuurder van Kunste Onbeperk, by linda@kunste.org.za gestuur word. Alhoewel volledige tekste verwelkom word, word opvoerbare uittreksels van ten minste 10 minute ook oorweeg. Meer inligting en riglyne is beskikbaar by www.kunste.org.za/teksmark/. Navrae kan gerig word aan Marques of Faasen by cornelia@nati.org.za.

Source: Kunste Onbeperk


  Article Date: 23 August 2016

Older articles filed under Archives

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main News pageTo Top

Did You Know ?

Most lions drink water daily if available, but can go four or five days without it. Lions in arid areas seem to obtain needed moisture from the stomach contents of their prey.

Book Online Three times AA award winning Guest HouseSurval Boutique Olive EstateBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationSwartberg Circle RouteLugro Ostrich Leather ProductsRoute 62Hlangana LodgeKlein Karoo Weddings

Local Flora

Succulent Karoo species
Web Design and Development
Copyright © 2017  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •