Oudtshoorn Info
Tuesday, 25 July 2017  0:47am SA Time 
Back to Main News page
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK. KYKNET FIËSTAS SIT VEER IN KKNK SE HOED

Meeste benoemings vir 2017 aan KKNK-produksies

Produksies wat vanjaar by die KKNK geopen het, het gisteraand (Donderdag, 8 Desember) die meeste benoemings in die 2017 kykNET Fiëstas ontvang. ’n Totaal van 22 benoemings is ontvang en ’n ko-produksie tussen Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK aanbied, en die US Woordfees, het twee benoemings ontvang.

Klein Karoo Klassique, Kunste Onbeperk se fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn wat in Augustus op Oudtshoorn aangebied word, het ook twee nominasies ontvang.

"Ons is geweldig trots op al die kunstenaars, regisseurs en vervaardigers wat vir hulle harde werk by vanjaar se KKNK en Klein Karoo Klassique met ’n kykNET Fiësta-benoeming beloon is. Om die meeste benoemings onder die feeste te ontvang, is ’n verdere pluimpie en spreek boekdele van die gehalte werk wat feesgangers jaar op jaar in die Klein Karoo te wagte kan wees", sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk.

Drie produksies, in 2016 deur Kunste Onbeperk vervaardig, spog gesamentlik met 14 benoemings: die musiekblyspel - Heidi met ses, die drama - Die huis van Bernarda Alba met vyf (ook die twee produksies met die meeste benoemings) en die riller - Kul met drie benoemings.

Uitkampteater, die KKNK se splinternuwe kortkuns teaterkonsep, het twee benoemings ontvang. "Die benoemings aan David Viviers vir Klara Maas se hart is gebreek en Faith Kinnair vir Valencia, is die kersie op die koek vir vanjaar se eerste Uitkampteater aanbieding. Dit beklemtoon ook die belangrikheid van dié platform vir opkomende kunstenaars om hulle staal te wys, nie net by die KKNK nie, maar ook ander geleenthede." Só sê Hugo Theart, kreatiewe hoof van Kunste Onbeperk.

Volgens Naudé van der Merwe, sameroeper van die Fiëstas-paneel, het die paneellede meer as 100 Afrikaanse debuutproduksies gesien. Daar is vanjaar ’n aanpassing gemaak om die musiekkategorieë uit te brei. "In die musiekkategorieë was daar so ’n groot verskeidenheid dat ons besluit het om die kategorieë aan te pas en ’n wyer net te gooi om sodoende meer erkenning te gee. Daar is nou een kategorie vir grootskaalse produksies, een vir meer intieme musiekvertonings en een vir musiekvertonings wat ’n duidelike narratief volg", sê Van der Merwe.

Die kykNET Fiëstas word op Donderdag, 23 Februarie 2017 in die Kunstekaap-teaterkompleks in Kaapstad oorhandig en word regstreeks op kykNET (kanaal 144 op DSTV) uitgesaai.

Sien die volledige lys benoemings hieronder, met KKNK-produksies in blou en Klein Karoo Klassique benoemings in rooi uitgelig. Die program vir volgende jaar se KKNK, van 8 tot 15 April op Oudtshoorn, is reeds aanlyn beskikbaar by www.kknk.co.za Kaartjies kan vanaf 17 Januarie by Computicket en Shoprite/Checkers bespreek word.

BESTE AKTEUR
Chris van Niekerk - Pa (KKNK)
John Kani - So Ry Miss Daisy (Aardklop)
Stefan Erasmus - As (Woordfees)
Tobie Cronjé - Kul (KKNK)

BESTE AKTRISE
Antoinette Kellermann - Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)
Ilse Klink - Kristalvlakte (SOF)
Karli Heine - Heidi (KKNK)
Sandra Prinsloo - So Ry Miss Daisy (Aardklop)

BESTE MANLIKE BYSPELER
Albert Pretorius - Hond se Gedagte (Woordfees)
Dawid Minnaar - Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)
Dean-John Smith - Kristalvlakte (SOF)
Tobie Cronjé - Heidi (KKNK)

BESTE VROULIKE BYSPELER
Cintaine Schutte - Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)
Lynelle Kenned - Heidi (KKNK)
Nicola Hanekom - Kul (KKNK)
Nicole Holm - In Ongenade (Woordfees)

BESTE REGIE
Francois Toerien - Heidi (KKNK)
Jaco Bouwer - In Ongenade (Woordfees)
Marthinus Basson - Die Gangsters (Woordfees)
Nico Scheepers - Rooivalk (Woordfees)
Wessel Pretorius - Die Ontelbare 48 (Innibos)

BESTE TEATERONTWERP
Birrie le Roux (kostuums) - Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)
Francois Toerien en Kosie Smith (beligting, stel, kostuums) - Heidi (KKNK)
Jaco Bouwer (stelontwerp) - In Ongenade (Woordfees)
Rocco Pool (stelontwerp) - Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)

BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING
Anthea Thompson - My Briljante Egskeiding (Woordfees)
Frank Opperman - Hond (Innibos)
Richard September - Rooivalk (Woordfees)
Wessel Pretorius - Die Ontelbare 48 (Innibos)

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE OPVOERING
Dana Snyman en Frank Opperman - Hond (Innibos)
Francois Toerien, Grethe van der Merwe en Wolf Britz - Hensop! (Woordfees)
Nico Scheepers - Rooivalk (Woordfees)
Wessel Pretorius - Die Ontelbare 48 (Innibos)

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR
David Viviers - Klara Maas se Hart is Gebreek (KKNK)
Faith Kinnair - Valencia (KKNK)
Tarryn Wyngaard - Kristalvlakte (SOF)
Vashti Prins - Die Gangsters (Woordfees)

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS
Alex Hamilton - kurator van visuele kunsprogram (Woordfees)
Amanda Botha - Herinnering aan Distrik 6: ’n Foto-uitstalling (SOF)
Hannalie Taute - Stink Afrikaners (Woordfees)
Lien Botha - Wonderboom (Woordfees)

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK
Erik Dippenaar, Elsabé Richter en Bridget Rennie-Salonen - Camerata Tinta Barocca: Handel in die Voorkamer (Klein Karoo Klassique)
Grethe Nöthling, Matildie Thom Wium en Stephanus Muller - Nagmusiek (Klein Karoo Klassique)
Stefan Temmingh en Erik Dippenaar - Corelli & Co. (Woordfees)
Albie van Schalkwyk, José Dias en Francois du Toit - Three Pianos (Vrystaat)

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE - ARENA
Die Liedjieboer (Woordfees)
Charl du Plessis Boogie Woogie Big Band (KKNK)
Boontoe! Engelstemme vir Paassondag (KKNK)
Kô Laat Ons Sing - Adam Small (Woordfees)

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE - PODIUM
Hunkering na die Ses (SOF)
Mathys Roets (Aardklop)
Naledi Berge Nog So Blou (KKNK)
Rugsak Vol Robyne - Amanda Strydom (KKNK)

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE - TEATER
Die Afrikaansvatter (KKNK)
Hensop! (Woordfees)
Heidi (KKNK)
Huistoe (SOF)

BESTE AANBIEDING
As (Woordfees)
Kul (KKNK)
Die Ontelbare 48 (Innibos)
Rooivalk (Woordfees)

Vir medianavrae kontak: J.C. Aucamp, bemarkingsbestuurder by jc@kunste.org.za of skakel 044 203 8600.

Source: KUNSTE ONBEPERK


  Article Date: 12 December 2016

Older articles filed under Archives

Google

WWW Oudtshoorn Info
Back to Main News pageTo Top

Did You Know ?

The liquorice plant grows wild in the Cango valley, but nowhere else in South Africa does this occur.

Book Online Route 62Lugro Ostrich Leather ProductsHlangana LodgeKlein Karoo WeddingsSwartberg Circle RouteSurval Boutique Olive EstateBackpacker's Paradise - Oudtshoorn AccommodationThree times AA award winning Guest House

Local Flora

Succulent Karoo species
Lugro Ostrich Leather Products - Exclusively Handmade
Copyright © 2017  ::  Oudtshoorn Info  -  Site designed, built and hosted by:  WebWorX

•  Privacy Policy: No Personal Details are divulged  •