OUDTSHOORN ACTIVITIES
(IN TOWN)
CJ LANGENHOVEN & ARBEIDSGENOT
SAGMOEDIGE NEELSIE
Erkenning aan hom wat AFRIKAANS vir ons toeganklik, leesbaar en amptelik gemaak het. “Om ons één eie taal tot nut te gebruik is groter kuns as om sewe vreemdes by te leer.”
ARBEIDSGENOT in Oudtshoorn is die werkswinkel waar Afrikaans gevorm is en waar Die Stem van Suid-Afrika uit die hart en pen van C.J. Langenhoven verrys het.
Met besoek aan Arbeidsgenot:
- Neelsie en Vroutjie se grafte
- Langenhoven se Sonhorlosie
- Herrie die Olifant
- Gedenktuin
- Neelsie se Werkplekkie
- Hoor Neelsie self praat
Beleef die steeds lewende verhaal van ons taal.
ARBEIDSGENOT
Tussen die vier mure van Arbeidsgenot, lê lange jare van C.J. Langenhoven, vader van Afrikaans, se geskiedenis. In die vrykamer, wat hy as studeerkamer gebruik het, het Langenhoven sy kop neergelê vir die ewige rus, maar steeds leef hy voort in ons taal en boeke.
Sy woning is ‘n Nasionale Gedenkwaardigheid. Elke vertrek vertel jou iets van die mens Langenhoven, sy karakter en sy werke – elke deur open op ‘n nuwe ontdekking. Arbeidsgenot se inhoud word noukeurig en met groot sorg bewaar. Die muurpapier in die gang is deur Langenhoven self ontwerp en beeld sy persepsie van Herrie se vel uit. Van die pragtige houtwerk in die huis is ‘n voorbeeld van Langenhoven se ander handewerk.
Langenhoven is in 1932 in die ouderdom van 58 jaar en 11 maande aan hartverlamming in die voorste spaarkamer oorlede en is oorleef deur sy vrou, geliefde dogter en vier stiefkinders. Vroutjie is in 1950 oorlede en het Arbeidsgenot aan almal vir wie Afrikaans belangrik is, nagelaat. Arbeidsgenot is op 21 April 1955 amptelik as museum vir die publiek geopen. Gedurende 1989 – 1990 is die huis en die tuin volledig gerestoureer en baie sorg is aan die dag gelê om te verseker dat alles so na as moontlik aan die oorspronklike gehou word.
Kom besoek Arbeidsgenot gerus en beleef self die wonder van Afrikaans.
Get in Touch
Telephone: +27 44 203 8600
Email: arbeidsgenot@arbeidsgenot.co.za
Website: www.cjlangenhoven.co.za
Opening Hours
We are open from:
Monday – Friday: 09:00 – 13:00
& 14:00 – 16:00
Saturday: Open on request
Address
217 Jan van Riebeeckweg
Oudtshoorn
6625