OUDTSHOORN SCHOOLS

LAERSKOOL WESBANK

Oorsig

Visie & Missie

Ons roeping is die kweek van gebalanseerde en gelukkige kinders wat elkeen tot sy volle potensiaal in ‘n gunstige omgewing deur gedissiplineerde, doelgerigte en gesonde onderrig en opvoeding ontwikkel word.

Onderrig

Ons streef na hoë en gebalanseerde stan-daarde in Akademiese – en Buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word in voldoende en effektiewe geriewe. Ons poog om met gesonde dissipline ‘n gesonde en emosionele volwassenheid by elke kind te kweek. Ons streef om met effektiewe bestuur by te hou met moderne onderrigmetodes tot voordeel van die kind.

Kultuur

Ons wil ‘n omgewing binne die skool skep waar ons leerders hul Afrikaanse Godsdienstige Karakter en Kultuur volkome kan uitleef sonder om ander kulture en gelowe te misken.

Fokus

Om ‘n atmosfeer te skep van gelyke geleenthede aan alle leerders, waarbinne die kind sy volle kindwees kan uitleef. Om in vennootskap met opvoeders, tevrede en betrokke ouers, die kind se potensiaal maksimaal te ontwikkel. Om ‘n atmosfeer te skep wat voorsiening maak vir die diversiteit van die land se bevolking- en godsdiens-samestelling sodat elkeen dit erken en respekteer. Wesbank is in diens van sy gemeenskap en sal te alle tye optree in ooreenstemming met die bepalings van die Grondwet van Suid-Afrika.

Akademie
Die uitgangspunt van die beheerliggaam is om te verseker dat die leerdergetalle per klas nie te groot moet wees nie sodat effektiewe onderrig tot elke kind kan deurdring, daarom word ekstra onderwysers deur die beheerliggaam aangestel en vergoed.. In elke graad 1-klas is daar ‘n klasassistent. Daar is ook ‘n klasassistent in grade 2 en 3. Gr. 4 het ook ‘n klasassistent en daar is 1 klasassistent wat wissel tussen Gr. 5 en 6. Die assistente help met administrasie en onderrig van leerders in groepe.

Ons spandeer baie tyd aan Lees, Wiskunde en Klanke vanaf graad 1 omdat dit die kern van suksesvolle onderwys is. Die skool het reeds verskeie kere spesiale toekennings van die Minister van Onderwys ontvang vir uitstekende prestasie in Wiskunde en Geletterdheid. Die skool was telkens die beste in die Suid-Kaap en onder die top 10 skole in die Wes-Kaap. Baie persoonlike aandag word deur ervare opvoeders aan die leerders gegee. Die leerders ontvang remediërende onderrig by ‘n gekwalifiseerde remediërende opvoeder sowel as die skool se eie didaktiese hulpspan. ‘n Spraak- en Arbeidsterapeut is ook beskikbaar

Sport

Laerskool Wesbank bied ‘n wye verskeidenheid van sportsoorte aan om aan alle leerders se behoeftes te voldoen. Doelgerigte afrigters sorg vir suksesvolle resultate met ‘n medidingende benadering. Leerders word aangemoedig om sport te geniet en volg die leuse:

“Om te wen is goed. Om deel te neem is beter. Om te geniet is die beste!”

Ons bied die volgende sportsoorte aan:

  • Rugby
  • Hokkie
  • Tennis
  • Netbal
  • Skaak
  • Atletiek
Kultuur

Musiek & Koor

Laerskool Wesbank se musiekdepartement bied leerders van alle grade die geleentheid om kennis te maak met ‘n wye verskeidenheid instrumente asook musiektoerieë.

Ons musiekdepartement bied die volgende aan ons leerders:

  • Individuele lesse in klavier,
  • sang en
  • blokfluit.
  • Bekendstelling tot instrumentele samewerking met Klain Karoo Klassique.
  • Musikale uitstappies na orreluitvoerings en vertoning by Klein Karoo Klassique.
  • Jaarlike konsteroptredes.
  • Musiekpartytjies

Twee kore:

  • Junior & Senior Koor neem jaarliks deel aan die koorfees in Mosselbaai.
  • Kerkoptredes
  • Koorkonsert
  • Kerssangoptredes

Bekende Musikante, Mr John Theodor en Sullayman Human besoek ook ons skool om hul musiektalente ten toon te stel.

Redenaars

‘n Interne redenaarskompitiese word aangebied vir graad 4-7 leerders. Die kompitiesie fokus op tegniek en voorbereiding ten opsigte van openbare debat en aanbieding.

Rekenaars & Tegnologie

Rekenaartegnologie en kodering word as deel van die kurrikullum aangebied om leerders die geleentheid te bied om ‘n deeglike inleiding tot programmering en kodering te ervaar. Met die oog op gemengde leer word die gebruik van rekenaarstelsels en mobiele toestelle stelselmatig deel van daaglikse lesse en aanbiedings. Leerders word aangemoedig om selfstandige leer deur middel van tegnologie toe te pas. DIe volgende aanlynpakette word as steunpilaar vir tegnologiese leer gebruik:

  • ClassDojo
  • Classkick
  • Scratch
  • Kahoot
  • CODE
  • Classtime
  • MCO – Maths Curriculum Online

Green Shoot is ons KABV-geïntegreerde weeklikse Wiskunde oefenprogram. Leerders werk individueel op tablette met hul eie profiel met deeglike rekordhouding vir onderwysers. Tabletgebruik in klasse stel onderwysers in staat om probleemareas aan te spreek en uit te stryk! 

NASKOOLSE REKENAARKLUB EN AANLYN AKTIWTEITE

Laerskool Wesbank bied rekenaarklasse as ‘n buitemuurse aktiwiteit aan. Leerders van Gr 1-7 word die geleentheid gebied om deel te wees van die rekenaarklub. Die klasse fokus op basiese woordverwerking en gebruik van die Microsoft Office pakket tot en met kodering en meer gevorderde internetgebruik en integrasie.

Tablette en laptops word in klasse gebruik vir navorsing op die internet, Youtube en sekere toepassings (apps). Die skool is toegerus met optiese veselkabels en wifi.

Nasorg & Koshuis

Nasorg

Die skool beskik oor ‘n goed georganiseerde nasorgsentrum wat middae aangebied word vir leerders wie se ouers werk. Hierdie leerders studeer onder toesig en individuele hulp word verleen. Middagetes word teen vergoeding vir leerders op aanvraag aangebied. Die graad 1- en 2-leerders wat na skool vir hul ouers moet wag, kan onder toesig by die nasorgsentrum aansluit.

  • Doelgerigte studietyd
  • Smaaklike en gesonde etes

 

Koshuis

Ons laerskoolkoshuise bied aan leerders ‘n veilige tuiste weg van hul ouerhuis. Die koshuis bied ‘n veilige omgewing met bekwame personeel wat toesig hou oor die kinders in hul vrye tyd en tydens studie. Leerders word gehuisves in netjies toegeruste kamers en ontvang drie gebalanseerde etes per dag.

Leerders kan elke dag hul sportoefeninge en kulturele aktiwitieite bywoon. Die koshuis spog met die volgende geriewe op die terrein: ‘n swembad, netbal-en tennisgeriewe, groot sportvelde en klimrame.

Hier word ‘n tuiste geskep vir elke kind sodat hy/sy geestelik, emosioneel, sosiaal en fisies maksimum kan ontwikkel.

Get in Touch

Contact Details
Telephone: +27 44 279 1731
Email: wcloete@wesbank.wcape.school.za
Website: https://website0633.wixsite.com/mysite
}

Office Hours

We are open from:
Monday – Friday: 07:00 – 15:00

Address

Vredestraat 30
Oudtshoorn
6625