OUDTSHOORN ACCOMMODATION
(OUT OF TOWN)
MULDERSBANK PLAAS AKKOMMODASIE
Meer oor Muldersbank Plaas Akkommodasie
Muldersbank Plaasakkommodasie is geleë op ‘n werkende volstruisplaas tussen die Outeniqua- en Swartbergreekse, 17 km vanaf Oudtshoorn.
‘n Klipgooi van Route 62, minder as ‘n uur vanaf die see by Hartenbos en ongeveer ‘n uur vanaf George lughawe, maak dit die ideale bestemming vir ‘n lekker plaasvakansie of besigheidsreis.
Muldersbank Plaasakkommodasie is ‘n werkende plaas waar daar met wingerd, lusern, volstruise, boerbokke, meatmaster- en Ile de Frans skape geboer word. Die huis is geleë in ‘n baie rustige omgewing, weg van deurgangsroetes en verkeer.
Besienswaardighede en aktiwiteite in die nabye omgewing is volstruisplase, wynproegeleenthede, 4×4 roetes, die bekende Kango grotte, wildbesigtiingstoere en Cango Wildlife Ranch. Verskeie strande langs die tuinroete is binne ‘n uur bereikbaar.
Kamers:
Muldersbank Plaasakkommodasie bied verblyf vir tot 18 mense in ‘n ruim plaashuis met 7 slaapkamers, ‘n groot kombuis, eetkamer, sitkamer, kuiervertrek en 2 badkamers. Al die leefareas het plafonwaaiers. Die huis is ten volle toegerus, die kombuis met yskas, stoof en mikrogolfoond.
Die huis is hoog gebou en het ‘n asemrowende uitsig op die Swartberge. Kuier heerlik onder die lapa by die buite braai met slegs die plaasgeluide rondom jou of sit op die groot kuierstoep en geniet die uitsig en rustigheid.
- Slaapkamer 1: 1 x Enkelbed, 1 x Dubbelbed
- Slaapkamer 2: 2 x Enkelbeddens, 1 Dubbelbed
- Slaapkamer 3: 1 x Dubbelbed
- Slaapkamer 4: 1 x Enkelbed, 1 x Dubbelbed
- Slaapkamer 5: 1 x Dubbelbed
- Slaapkamer 6: 1 x Dubbelstapelbed
- Slaapkamer 7: 1 x Dubbelbed
Get in Touch
Check In / Check Out
Check In: From 14:00
Check Out: At 10:00
Address
Decimal Degrees (WGS84)
Latitude: -33.650829
Longitude: 22.073463
Degrees, Minutes & Seconds
Latitude: S33 39 02
Longitude: E22 04 24
GPS
Latitude: S 33 39.050
Longitude: E 22 04.408









