Arbeidsgenot

Arbeidsgenot

ARBEIDSGENOT

VAN WIEG TOT GRAF

Erkenning aan hom wat AFRIKAANS vir ons toeganklik, leesbaar en amptelik gemaak het. “Om ons één eie taal tot nut te gebruik is groter kuns as om sewe vreemdes by te leer.”

ARBEIDSGENOT Oudtshoorn is die werkswinkel waar Afrikaans gevorm is en waar “Die Stem van Suid-Afrika” uit die hart en pen van C.J. Langenhoven verrys het.

“VAN WIEG TOT GRAF” MET C.J. LANGENHOVEN
( SAGMOEDIGE NEELSIE )

1873 – 2003

‘n Lewe van toewyding om die erkenning van Afrikaans – sy “Pêrel van grote waarde”

1873 – 12 Augustus : Cornelis Jakob Langenhoven gebore Hoekoe – Ladismith

1895 : Behaal BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch

1897 : Trou met Magdalena Maria Hugo (Vroutjie) op Ladismith

1898 : Woodbine ( Tans Arbeidsgenot ) gebou

1900 : Blink uit as puik wetsgeleerde in watersake

1901 : Langenhoven word as prokureur toegelaat Engela – hul enigste kind – gebore

1903 : Langenhoven trek na Arbeidsgenot (vanaf Hoopstraat)

1905 – 1932 : Langenhoven vestig hom as produktiewe Afrikaanse skrywer – Die Volkskrywer Redakteur : “Het Zuid Westen” Sarah Goldblatt as redaksionele assistant aangestel

1914 : Word Lid van die Provinsiale Raad Provinsiale Raad aanvaar Afrikaans as onderrigmedium in skole tot Standerd 4

1918 : Die Stem van Suid-Afrika sien die lig

1920 : Word Lid van die Volksraad

1921 : Word Senator

1925 : Afrikaans word as Parlementstaal erken

1926 : Dig die Vlaglied

1931 : Ontvang ‘n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch

1932 – 15 Julie : C.J. Langenhoven oorlede

1950 : Magdalena Maria (Vroutjie) oorlede Bemaak die huis en die inhoud aan die “Afrikaner Volk” van Suid-Afrika

1955 : Arbeidsgenot vir die publiek oopgestel

1973 : Herdenking van ‘n 100 jaar van die mens C.J. Langenhoven

1989 : Arbeidsgenot gerestoureer Arbeidsgenot 2000 – projek van stapel gestuur

1999 : Die huis word in ‘n lewende museum omskep

2003 – 30 Maart : Stoflike oorskotte word op Arbeidsgenot herbegrawe

2003 – 15 Julie : Onthulling van grafte as monument

MET BESOEK AAN ARBEIDSGENOT

Beleef die steeds lewende verhaal van ons taal, met die besoek aan die volgende:

  • Arbeidsgenot - CJ Langenhoven Huis Neelsie en Vroutjie se grafte
  • Langenhoven se Sonhorlosie
  • Herrie die Olifant
  • Vroutjie se tuin
  • Gedenktuin
  • Neelsie se Werkplekkie
  • Hoor Neelsie self praat

KONTAK BESONDERHEDE

Jan van Riebeeckweg 217
Vanaf Baron van Reedestraat draai af na die swaaibrug en by die volgende stop, draai regs – derde huis op linkerhand.

Tel/Faks: +27 44 272 2968/+27 44 272 2121
Sel: +27 83 460 4122
Epos: eureka.b@mweb.co.za
Webtuiste: www.cjlangenhoven.co.za

BESOEKTYE

Dae : Maandag tot Vrydag (Saterdae op versoek)
Tye : 09:30 – 13:00 en 14:00 – 17:00

Source: Arbeidsgenot

As boerdery en bewaring hande vat

As boerdery en bewaring hande vat

AS BOERDERY EN BEWARING HANDE VAT

BELANGRIKHEID VAN VENNOOTSKAPPE

Die Gouritz Inisiatief (Gl) met die tema “bewaring van biodiversiteit”, het gekom om te bly. Maar wat beteken dit vir die inwoners van hierdie nywerheidsarm gebied wat hoofsaaklik van die landboubedryf afhanklik is? Swaar druk word op boerdery geplaas om die gebied te onderhou. Het vuisvoos volstruis- en ander boere wat sukkel om kop bo water te hou, binne ‘n ewigdurende veranderde omgewing met nuwe idees, nog ‘n nuwe bedreiging bygekry?

Die boerdery en verwante bedrywe beleef tans moeilike tye met die sterk rand en gevolglik swak uitvoerpryse, asook strenger wetgewing en vereistes vanuit ‘n binnelandse sowel as buitelandse politieke omgewing. Die vraag is: Bied die Gouritz Inisiatief ‘n uitkoms in hierdie moeilike tye? Die antwoord is ja. Dit bied beslis ander moontlikhede of alternatiewe (byvoorbeeld ekotoerisme).

Maar die mate waartoe die Gouritz Inisiatief daarin sal slaag om ‘n oplossing te bied, is direk afhanklik van die gehalte van vennootskappe wat daar tussen die verskillende bedrywe, owerhede, organisasies en plaaslike inwoners soos byvoorbeeld Landbou, Onderwys, Toerisme, plaaslike owerhede, Bewareas, Justisie, die volstruisbedryf, ens. gesluitword.

DOEL VAN VENNOOTSKAPPE

‘n Vennootskap is ‘n onderneming waarbinne twee of meer partye saamwerk ter bereiking van ‘n gemeenskaplike einddoel wat aanvullende hulpbronne saamvoeg om wedersydse rigting te bepaal of – om ‘n projek wat wedersydse voordeel inhou, te begin en suksesvol aan die gang te hou.

Mense met ooreenstemmende doelwitte kom bymekaar, om spesifieke kwessies aan te spreek. So word die beskikbare hulpbronne in terme van bekwaamhede saamgevoeg. Binne so ‘n vennootskap word werk en kennis gedeel. Die kapasiteit van die groep verhoog dus en take word mettertyd meer kostedoeltreffend afgehandel, omdat die nodigheid nie meer bestaan om inligting en hulpbronne te dupliseer nie.

Voor daar ‘n vennootskap aangegaan word, moet ‘n mens jouself afvra hoekom jy dit doen en wat jy uit hierdie vennootskap gaan kry. Met ander woorde, is dit die moeite werd vir jou?

VENNOOTSKAPPE VERSTERK DIE GROEP

Sterk vennootskappe is vir die Gouritz Inisiatief onontbeerlik as die einddoel bereik wil word. Hierdie vennootskappe moet. geïntegreerd wees met alle sektore wat belang mag hê. Daar moet dus bree deelname van sterk vennote wees. Hierdeur word die begrips- en redenasievermoë van die groep versterk. Verder is daar meer mense wat uit verskillende hoeke en perspektiewe na sake kan kyk om sodoende ingeligte, en weldeurdagte besluite te neem.

Deur hierdie werkswyse te volg, waar insette deur middel van plaaslike kennis op die grond gelewer word, word ‘n beter beeld van die situasie verkry. So byvoorbeeld word ‘n oningeligte individu met ‘n sterk persoonlikheid, wat uit ‘n subjektiewe oogpunt ‘n situasie in die verkeerde rigting mag stuur, beinvloed om ‘n geheelbeeld van al die aangeleenthede en probleme te verkry.

Die voordeel om geïntegreerd na probleme te kyk, is dat verskillende probleme oplossings vir ander kan bied.

NETWERKE

Hierin bestaan ‘n groot potensiaal om goedkoper oplossings te verkry asook ‘n uitdaging dat probleme hulself kan oplos deurdat mense uit verskillende sektore netwerk en mekaar ondersteun. Dit is dus belangrik dat vennote nie net sal kyk watter voordeel daar vir hulself is nie, maar wat hulle vir almal na die tafel kan bring.

Hierdie onselfsugtige werkswyse bied ondersteuning en waardetoevoeging, waar moontlike leemtes binne die verskillende afdelings mag bestaan. So word hande gevat en die las saamgedra.

GROTER PRENTJIE

Die vennote moet terselfdertyd besef dat almal nie altyd volkome gelukkig sal wees nie. Die regte gesindheid en ingesteldheid met betrekking tot die groter prentjie is belangrik. Soms moet ‘n vennoot bereid wees om die argument vir die oomblik te verloor, sodat die einddoel bereik kan word.

ONS MAG VERSKIL

Integriteit en betrokkenheid met passie, skep sekerlik die grootste resep vir konflik, maar dit skep ook die platform vir suksesvolle onderhandeling. Sodoende beland al die moeilike en sensitiewe kwessies vir bespreking en afhandeling op die tafel. Lede kan openlik met mekaar redeneer en van mekaar verskil. Soms moet mense ooreenkom, dat hulle nie altyd kan saamstem oor alles nie.

Mense mag verskil, dit mag egter nie die verhouding tussen lede beïnvloed nie. Dit word veral bemoeilik omdat vennootskappe vrywillig is en die doel daarvan binne die Gouritz Inisiatief juis is om saam die hoofdoel te bereik.

Daar is dus nie plek vir lede wat slegs daarna streef om hul eie eer te soek of om eie mishope te bou nie.

PROJEKTE

Vennootskappe hoef nie net vir beplanning aangewend te word nie, maar word veral getoets by die implementeringsfase, waar projekte uitgevoer word. By die implementering word daar van lede verwag om drywers te wees. So ‘n drywer is iemand wat nie bang vir frustrasies en probleme is nie. Dit is iemand wat self sy moue oprol en direk in die veld betrokke raak om toe te sien dat die dinge op die grond gebeur.

Drywers is mense met praktiese ondervinding, wat taak ge- orienteerd is en nie bang is om foute te maak nie. Hulle leer uit foute en bou op suksesse. Vir sterk drywers moet daar egter ‘n gedragskode binne vennootskappe bestaan waar lede hulself tot die ander se voordeel verbind en mekaar se integriteit hierin bewaar.

SLEUTEL

Goeie vennootskappe binne die Gouritz Inisiatief sal mense, wat ‘n belang het by die bewaring van hierdie unieke gebied, in staat stel om probleme doeltreffend aan te spreek. Befondsing vir die bewaring van biodiversiteit kan sodoende doeltreffend beding word. Om volhoubaarheid binne die gebied te verseker, moet daar nie net na bewaring gekyk word nie, maar moet besigheidsekonomie en sosiale verpligting ook aangespreek word.

Dus, samewerking tussen vennote is die sleutel tot werkbare oplossings wat die eksterne druk op die bepaalde gebied die hoof kan bied.

VAT HANDE

Selfs al klink ‘n vennootskap tussen boer en bewaarder na ‘n amperse onmoontlikheid, is dit juis een van die belangrikste doelstellings wat met hierdie bewaringsinisiatief nagestreef word. Want dis net deur hande te vat dat sterk vennootskappe gevestig kan word om uiteindelik bewaringsprojekte te help realiseer.

Dis net deur met vennote openhartig te gesels en idees en planne uit te ruil en ook deur te luister na mekaar se probleme dat ons uiteindelik gemeenskaplike oplossings tussen mede-vennote sal vind.

Source: Jan Smit

Asher Stable Stay

Asher Stable Stay

DE RUST ACCOMMODATION

(OUT OF TOWN)

ASHER STABLE STAY

Top class De Rust Accommodation

Asher Stable Stay guesthouse is situated on the gold award winning olive Estate,  De Rustica. Asher Stable Stay is only 5.5km from a small village, De Rust, and 10km from Meiringspoort, the gateway that connects the Klein Karoo and the Groot Karoo.

We, at Asher stable stay, look forward to welcoming you!

Grab the opportunity to relax stress-free in the Little Karoo!

Our accommodation offers 6 comfortable stable rooms equipped with the basic necessities. We choose to appreciate the scenery and beauty of nature around us and therefore, have no day to day access to technology, thus escaping the hassle and bustle of day to day traffic and rat race!

Our Rooms:

In room Facilities:
We have 3 Rooms with Double Beds and 3 Rooms with Twin
Beds with En-Suite Bathroom with shower basin and toilet.

  • Bathroom amenities includes – Body shower gel / Conditioning Shampoo /
  • Hand wash
  • Coffee/Tea and making facilities.
  • Bar Fridge.
  • Room Fans.
  • Patio with table and chairs
  • Smoke free rooms.

Our Facilities:

  • Communal Kitchen – with microwave, gas stove, and all cooking utensils
  • BBQ area with casual outdoor seating to soak up the African sun.
  • Wi-Fi available
  • Hiking / Walking / Jogging / Bird Watching.
  • You can bring your mountain bikes along for trails up the mountain.

Get in Touch

Contact Details
Telephone: +27 44 241 2177
Cell: +27 83 627 1494
Email: asherstablestay@derustica.co.za
l

Check In / Check Out

Check In: From 14:00
Check Out: At 10:00

Address

Decimal Degrees (WGS84)
Latitude: -33.490719
Longitude: 22.488948

Degrees, Minutes & Seconds
Latitude: S33 29 26
Longitude: E22 29 20

GPS
Latitude: S 33 29.443
Longitude: E 22 29.337

Bass Fishing

Bass Fishing

OUDTSHOORN ACTIVITIES

(OUT OF TOWN)

BASS FISHING

Overview

Old Mill Country Lodge is situated on the R 328, halfway between Oudtshoorn and the World famous Cango Caves. Offering exclusive luxury units with a spectacular view of the Swartberg Mountain Range.

Nested in the heart of nature – giving you the experience of a lifetime. Our rooms are equipped with a mini bar fridge, satellite TV as well as air conditioning.

Accommodation are suitable for all ages and therefore we have a well-equipped family room with the same luxuries as the other rooms. They can swim in the swimming pool or river, do fishing, bow hunting, hiking, watch baby ostriches, and much more.

Enjoy lunch and/or dinner at our a la Carte Restaurant and breakfast at our other spectacular restaurant. We also offer Bed & Breakfast or Dinner, Bed & Breakfast, all according to your needs

Old Mill Country Lodge is a working ostrich farm only in season. Watch as we farm with ostrich chicks and fully grown ostriches.

One of our many activities that we have here on the farm is our bass fishing.

Get in Touch

Contact Details
Telephone: +27 44 272 7308
Cell: +27 72 213 1157
Email: oldmill@mdwireless.co.za
Website: www.deoudemeulrestaurant.co.za

Address

Decimal Degrees (WGS84)
Latitude: -33.462088
Longitude: 22.249717

Degrees, Minutes & Seconds
Latitude: S33 27 43
Longitude: E22 14 58

GPS
Latitude: S 33 27.725
Longitude: E 22 14.983

Bats – Natural Insect Controllers

Bats – Natural Insect Controllers

BATS – NATURAL INSECT CONTROLLERS

Bats are an asset on any farm. These fleeting figures of the night are extremely effective and cost-free insect killers, and are of inestimable value to crop farmers. Effective and cost-free insect killers

The bat colonies in the De Hoop Nature Reserve provide such a service to the farmers in the Bredasdorp area. Approximately 300 000 of these strange little mammals consume about 500 kg of insects per night, and eventually about 100 tonnes of insects per year.

Insectivorous bats make use of ultrasound for both communication and hunting. They can navigate in pitch dark by emitting clicking sounds – about 250 per second – which are reflected by any object in the way. The returning echo enables the position of the object to be determined. The calls of bats are mostly of too high a pitch to be detected by the human ear. Bats can vary the length of their calls, and may emit cycles of less than a thousandth of a second when approaching their prey.

The approximately 75 species of bats which occur south of the Kunene and Zambezi rivers represent an incredible quarter of all species of terrestrial mammals in this area.

One of the chief predators of bats is the bat hawk. Human disturbance and the injudicious use of poisons present the greatest threats to the survival of bats, however, and could mean the extermination of these useful natural insect killers. Bats should therefore be regarded as the farmer’s friend and given the protection they deserve.

  HOW CAN YOU HELP BATS SURVIVE? 

  • Avoid disturbing bats unnecessarily, especially during the breeding season.
  • If bats are a problem in roofs, try to block all holes with chicken wire. 
  • Use poisons judiciously.

PROTECT THE BATS ON YOUR PROPERTY IT IS TO YOUR OWN ADVANTAGE!

Source: Cape Nature Conservation