Die Afdelingsraad van Oudtshoorn, wat in 1858 gestig is, d.w.s. 146 jaar gelede. Voordat Afdelingsrade deur wetgewing in die lewe geroep is, was daar “Road Boards” gewees.
Oudtshoorn het onder George se “Road Board” geval en die boere moes belasting aan genoemde “Board” betaal, maar het gevoel dat hulle baie sleg behandel word wanneer dit by die instandhouding van paaie kom.
In die verslag van 1852 word gemeld dot verskeie ossewaens by driwwe omgeval en gebreek net en trekosse verongeluk het, a.g.v. die swak toestand van die driwwe.
Vyf jaar later vra die boere van Schoemanspoort om van belasting vrygestei te word en dat hulle dan self die paaie sal regmaak. Hierdie versoek is nie toegestaan nie.
Die eerste vergadering van Oudtshoorn se Afdelingsraad het op 23 Junie 1858 vergader. Hulle net ‘n ontsaglike taak gehad:
- hulle moes plase toeken
- grenslyne vasstel
- plase waardeer
- belasting vasstel en invorder
- paaie herstel
Op die eerste vergadering moes hulle ook aandag gee aan die klagtes wat ontvang is oor die toestand van die driwwe en waterslote op plase wat in so ‘n toestand was “that they proved dangerous to life and property.” Sodra die belastinggeld begin inkom net, is aandag aan hierdie sake gegee.
In 1889 besluit die raad on hondebelasting te hef teen 2/6 (25c) per hond. In 1883 en 1890 hanteer die Rod bale klagtes oor swak paaie, slote en dooie diere wat langs die paaie gelaat word. Teen 1892 het die boere hulle plase begin toekamp en die Raad het padwydtes vasgestel. Hekke is oor die paaie aangebring.
In 1899, toe die motorkar aan die kom was, vra die firma A. & G. Reid vir toestemming om “traction engines” op die paaie te gebruik. Die Raad weier die versoek en sê: “They will be a public nuisance and danger.”
Bron: Voorsittersverslag gelewer by die 100-jarige viering van die Afdelingsraad.
Reeds so vroeg as 1908 beveel die Raad by die Kaapse Afdelingsraad en by die Parlementslid vir Oudtshoorn aan, dat daar ‘n spoedbeperking vir motors – wat nog maar steeds skaars is – ingestel moet word.
Die voorkeur word nog steeds aan waens en perdekarre gegee, want in 1909 besluit die Raad dat wanneer ‘n wadrywer of iemand op ‘n perdekar, sy hand opsteek, motors dadelik moes stop. Dit het ook gegeld vir persone wat beeste of volstruise aangejaag het, wat motors kon laat stop het deur die hand op te steek.
In 1909 bepaal die Raad ook dat die spoed van motors in bergpasse, nie meer as 4 myl per uur mag wees nie (net minder as 8 km per uur!) en dat die toeter op elke draai geblaas moes word. Wanneer ‘n motor van agter by ‘n ander motor wou verbygaan, moes die toeter reeds 100m van die eerste voertuig af aanhoudend geblaas word.
In 1911 bepaal die Raad dat motors by die Raad se kantoor geregistreer moes word en ‘n nommerplaat aan moes kry. Aan elke voertuig moes ‘n toeter, klok of ander instrument wees waarmee om die draaie geraas gemaak kon word. Die Raad moes die motorlisensiegeld kry vir die instandhouding van die paaie. Daar moes ook gevaartekens opgerig word. Nog ‘n bepaling van 1911 was dat ‘n span donkies leisels moes aanhê of ‘n touleier moes hê.
In 1914 word besluit dat winkeleienaars van plaaswinkels wat voor of na vasgestelde winkelure sake doen, vervolg sou word.
Bron: Voorsittersverslag gelewer tydens die 100-jarige viering van die Afdelingsraad.
Daar is soms eise teen die Afdelingsraad ingestel vir perdekarre, waens en later motors wat weens swak paaie beskadig is. Verskeie eise moes uitbetaal word, maar die raad het soms ‘n uitweg gesoek om betaling vry te spring.
Toe ‘n sekere Dr Ackerman £lOO eis vir sy motor wat op ‘n slegte pad gebreek het, besluit die Raad as volg: Wanneer ‘n motor breek op ‘n pad wat goed genoeg is vir karre en waens, word die eis nie erken nie, aangesien daar nie motors was toe die paaie oorspronklik gebou is nie! Ongelukkig meld die verslag nie watter jaar dit was en of die dokter toe maar tevrede was met die Road se beslissing nie.
In 1928 moes die Raad meer as £3 177 aan Soldblatt & Braer betaal vir ‘n hofsaak wat hulle gemaak het oor hulle motor wat in ‘n gat geval het. Nogal baie geld as ‘n mens in aanmerking neem dat die Raad net die volgende jaar £217 vir hulle eerste vragmotor betaal het!
In 1882 het Oudtshoorn se Afdelingsraad die brug oorgeneem wat die Staat oor die Olifantsrivier te Steyldrif laat bou het. Die brug moes ‘n naam kry en twee name word voorgestel: Robinsonbrug, na die siviele ingenieur wat betrokke was by die bou van die Robinsonpas tussen Mosselbaai en Oudtshoorn, en Victoria Bridge, na koningin Victoria van Engeland. Op 24 Mei 1883 word die Victoria Bridge amptelik geopen. Die dag word as Publieke Vakansiedag verklaar en talle hoogwaardigheidsbekleers woon die plegtigheid by.
Maar twee jaar later, in Mei 1885 word die brug weggespoel deur die vloedwaters van die Olifantsrivier. Een van die pilare van die brug (sandsteen) is nog te sien op die suid-westelike ower van die rivier met albei die datums daarop aangebring.
Let tog op daarna as u weer oor die nuwe brug, wat in 1958 voltooi is, ry.
Bron: Voorsittersverslag gelewer tydens die 100-jarige viering van die Afdelingsraad.
Recent Comments