Moedergemeente Kerk

Moedergemeente Kerk

MOEDERGEMEENTE KERK

N KORT GESKIEDENIS

Gedurende 1857 is besluit om die dorpsgebied van Oudtshoorn nader aan die Grobbelaarsrivier te verskuif. Die plaas Hartebeesrivier is aan die gemeente geskenk vir die bou van die nuwe kerkgebou.

Omdat die oorspronklike argitek, George Wallis, se planne misverstaan is en die fondse ontbreek het, staak die bouery aan die kerkgebou in 1863. Eers gedurende 1876 is Otto Hager as nuwe argitek aangewys. Die opbloei van die volstruisbedryf en meegaande fondse help mee dat die bouery na ± 13 jaar weer hervat kon word.

UITEINDELIK WORD DIE KERKGEBOU IN 1879 VOLTOOI

Skotse klipkappers is spesiaal ingevoer om die kerk se klipstene te kap en het na 1879 op Oudtshoorn aangebly om ook ander sandsteengeboue op te rig. Die besondere sagte sandsteen leen hom tot fyn graveerwerk soos sigbaar teen die pragtige preekstoel. Die engele is in Skotland gemaak, nadat twee foto’s van plaaslike boerenooiens aan die beeldhouers verskaf is – sodat die engele nie soos Europese meisies moet lyk nie!

Op die gewels van die kerk is ses gargoyles aangebring. Die huidige orrel se orrelfront bestaan uit ‘n Skandinawiese geelhoutpaneel met 73 statige sierpype en huisves ook die oorspronklike speeltafel en blaasbalk wat dateer uit 1899.

Die grondlegger van die gemeente was ds T.J. van der Riet wat op 3 Mei 1857 hier begin arbei het onder die 1 403 lidmate. Toe hy in Desember 1879 uittree, was hy dus byna ‘n kwarteeu lank in diens van die gemeente. Die tweede leraar, ds G.W. Stegmann (1880 – 1891) is opgevolg deur ds George Murray (seun van die bekende ds Andrew Murray) (1892 -1911) wat ook saam met sy vrou en 16 kinders die eerste inwoners was van die pastorie wat in Mei 1882 voltooi is.

ALBEU HIERDIE GEBOUE IS TANS NASIONALE GEDENKWAARDIGHEDE

Nadat die ou CJV gedurende 1881 gestig is, het die behoefte aan ‘n geskikte vergaderplek mettertyd ontstaan. In 1895 is die bekende CJV-saal agter die kerkgebou teen ‘n bedrag van £1 000 opgerig. Met verloop van jare het hierdie saal as kerksaal begin diens doen.

‘n Verdere geskiedkundige gebou is die Drilsaal. Die Drilsaal se hoeksteen is in 1892 deur Cecil John Rhodes gelê. Die saal is gebruik om jong manne te leer dril, en na die oorlog is dit as die kultuursaal vir danse en konserte gebruik. In 1962 koop die gemeente die saal as kerksaal vir die bedrag van £7 000.

Mag hierdie brokkie uit die ryke geskiedenis van Oudtshoorn Moedergemeente aan die leser toon dat die Here, aan wie alles behoort, en van wie die gemeente in alles afhanklik is, deur die jare vanaf 1853 Sy hand getrou oor ons gehou het. Aan Hom alle dank en eer! Tans bestaan die gemeente uit 930 volwasse lidmate en 217 kinders.

Die gemeente word bedien deur ds Gerrit van Schalkwyk en ds Schalk Kotzé.

Vir enige verdere inligting, kan u vir Lisa van Schalkwyk skakel by (044) 279-1751.

Source: NG Moedergemeente

Pinehurst

Pinehurst

PINEHURST

HISTORY

In 1850 William Edmeades came with his family to settle on the farm Zeekoegat close to the Olifants River near Oudtshoorn. The eldest son, George Mason Edmeades, started his career as a painter in Oudtshoorn. In 1860, after the death of his father, he took over responsibilities for the family. He was a shrewd business-man and in 1863 had his own shop, Smithy, a wagon-building firm in Oudtshoorn. As his other five brothers grew up, he took them in as partners.

One of the brothers, Edwin T.L. later became a well-known farmer, member of the Town Council, Mayor, member of the Divisional Council and candidate for the Legislative Council.

In 1911 he decided to build a double-storeyed villa residence on plot 365 in West Bank.

Mr. Vixseboxse designed the villa in the Dutch ‘Transvaal’ Neo-Renaissance style. The tender of Mr. A. Rogers for the erection of the building was accepted and Vixseboxse acted as Clerk of Works. Mr. Edmeades personally supervised the work to make sure that every task was carried out to perfection.

FEATURES

Noteworthy is the reddish purple sandstone that was used for the key pattern cornerstones and window sills that form a constrast to the lighter grey tint sandstone of the walls.

Vixseboxse’s design for Pinehurst differs from those of Bullock and other architects of that period in that he made very little use of cast-iron pillars and brackets. This is clearly to be seen at Pinehurst. The balconies rest on sandstone doric pillars while the balcony railings are of carpenter’s lace teak-woodwork. The brackets to the balcony pillars and pillars are of teak and pinewood respectively.

One of the main features of the interior of the house is the four beautiful sandstone/teak fire-places. Each one of the fireplaces is decorated with 108 delft tiles with 17th and 18th century merchantship and windmill designs. The other fireplaces are of white, white-and-black marble decorated with colourful green and yellow tiles with variations of the French lily in the Art Nouveau. Brass decorated plates add to the beauty of the fireplaces. The floors of the main entrance hall and corridors are covered with parquet flooring wood tiles of teak and oakwood.

The building was declared a National Monument in 1966.

Fosters Manor

Fosters Manor

FOSTERS MANOR

A SHORT INTRODUCTION

Mr. J.A. Foster, M.L.A. (1904), local Oudtshoorn attorney, asked Mr Bullock to design a double storey manor house in 1902. The building was erected in the Tudor-Bethan style with the lower level of local dressed sandstone and the top storey of burned bricks and the inner walls of mesh – plastered panels by Mellville Brown Jnr. Across the central section and at either end, are double-storied verandahs with cast-iron railings. The gables are false – half timbering. The main features of the front elevation are the flight of stone steps and encaustic tiling upon the floor of the front stoep.

The window fan-lights and door panels with the lily motif are of stained glass. In the hallway the ‘dado’ is of teak panelling. A teak staircase with heavy lion-carved posters leads to the top storey. The ceilings and dados are of geometrical papier mÂché pressed patterns. The Municipal valuation in 1907 was £10,500.12.

In 1915 the Teachers’ Training College was founded and in July, 1916 the building was hired for £300 per annum from the Standard Bank out of the insolvent estate of Mr Foster. The building was used for this purpose till 1924.

Later it was used as a Girls’ Hostel for the Commercial School and as school offices.

In 1972 the building was evacuated and rapid decay is taking place. The school committee in co-operation with the local Historical Society and members of the Foundation Simon van der Stel have submitted a petition to the authorities for the conservation, restoration and declaration of the building as a National Monument.

In 1973 the administrator temporarily placed the building on the declaration list.

20 SEPTEMBER 1912

Wedding Bells

Mac Laren – Foster
Odn. Courant 20 Sept. 1912

A very pretty wedding was solemnised at St. Jude’s Church, Queenstreet, on Wednesday afternoon, the contracting parties being Mr. John Mac Laren, Sub Manager of the local branch of the National Bank, and Miss Annie C. Foster, second daughter of our fellow citizen and former Member of Parliament, Mr. James Alexander Foster. The sacred edifice, which had been prettily decorated by deft-hands, was as full as it could hold, the officiating Priest being the Venerable Arch deacon Atkinson, who was assisted by the Rev. R. Murray, while Miss Morris presided at the organ. The bride, a great favourite in Oudtshoorn, and who was “given away” by her father, looked perfectly charming.

Both the bride and her mother carried bouquets which were real gems of floral art, and were made by Miss Gussie Van der Spuy. No special invitations had been issued to the wedding, the hospitable parents being of the “all are welcome” class, and after the impressive marriage ceremony had been concluded and the Register signed in the vestry a very large company repaired to Mr. Foster’s fine residence (Foster’s Folly), where the happy pair were duly toasted in bumpers of champagne.

Afterwards they left in Mr. Foster’s motor car for his beach residence at Hartenbosch Strand, near Mossel Bay, where the first part of the Honeymoon will be spent, and from whence they will proceed to Cape Town. The heartiest good wishes of numerous friends accompany them. The wedding presents were numerous and costly.

21 APRIL 1950
23 SEPTEMBER 1989

Volstruispaleis op Oudtshoorn gou gerestoureer, herbenut.

Deur MARTIENS VAN BART

Die Oudtshoornse Foster-volstruispaleis wat in die terrein van die Hoër Handelskool C.J. Langenhoven op die dorp gelê is en besig was om te verval, gaan ten voile gerestoureer, herbenut en waarskynlik tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar word.

Die redding van die herehuis wat uit 1903 dateer en die laaste oorblywende dubbelverdiepinghuis van die bekende Victoriaanse argitek Charles Bullock op Oudtshoorn is, is te danke aan die volharding van die Raad van Nasionale Gedenkwaardighede en die Oudtshoornse tak van die Stigting Simon van der Stel om in die doel te slaag.

Verklaring

Die RNG het pas ‘n persverklaring in die verband uitgereik, wat as volg lui:
“Na aanleiding van ‘n versoekskrif wat die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede in April 1988 van die Oudtshoorntak van die Stigting Simon van der Stel ontvang het vir die behoud van die sogenaamde Foster-volstruispaleis, ook bekend as Rus-in-Urbe, het die RNG sedertdien omvattende samesprekings met die betrokke instansies en staatsdepartemente gevoer.

Die posisie is bemoeilik deur die toestand van die gebou, die toekomstige benutting daarvan en die feit dat dit binne die terrein van die Hoër Handelskool C.J. Langenhoven gelê is, wat self geen verdere gebruik daarvoor het nie.

Herstelwerk

“Die RNG en die Departement van Plaaslike Bestuur, Behuising en Werke van die Administrasie: Volksraad het op 31 Augustus in beginsel ooreengekom dat die imposante herehuis binnekort weer funksioneel aangewend sal word.

“Noodsaaklike. herstelwerk sal onderneem word en ‘n aankondiging in verband met die toekomstige gebruik van die gebou word later verwag.

“Hiermee is die bewaring en herstel van een van Suid-Afrika se belangrikste volstruispaleise se toekoms hopelik permanent verseker.

Bankrot

“Die gebou is deur die bekende argitek. Charles Bullock, ontwerp en gedurende 1903 en 1904 opgerig as woonhuis vir James Foster. Dit is die enigste oorblywende dubbelverdiepingshuis wat deur Bullock opgerig is.

“Foster was ‘n plaaslike prokureur wat in 1915 bankrot gespeel het weens die insinking van die ekonomie en veral die volstruisveremark van die Klein-Karoo. Die gebou is hierna tot 1924 gebruik as onderwyserskollege en later as meisiekoshuis en administrasiekantoor vir die handelskool. Dit staan sedert 1972 leeg.

Funksioneel

“Die gebou verteenwoordig hoofsaaklik die vroeg-Eduardiaanse boukuns, maar bevat ook elemente uit die Tudor-styl en het tipiese Victoriaanse gietyster-veranda’s. Die gebrandskilderde vensters, kaggels en koperwerk is uitstekende voorbeelde van die Art’Nouveau-styl. “Die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede verwelkom die nuus dat die gebou binnekort funksioneel aangewend gaan word.

Verklaar

“Dit is nie net ‘n kulturele bate en argitektoniese kleinood vir Oudtshoorn en Suid-Kaapland nie, maar is ‘n uitstekende voorbeeld van die eiesoortige volksboukundige ontwikkeling van argitektuur in Suid-Afrika gedurende die vroeg twintigste eeu.” Die dirakteur van die RNG, mnr. G.S. Hofmeyr, het die hoop uitgesprcek dat Rus-in-Urbe binnekort tot die lys van verklaarde nasionale gedenkwaardighede gevoeg sal kan word.

16 MAART 1990

Bewaringskomitee Oudtshoorn

Posbus 599

OUDTSHOORN

16 Maart 199O

Die Departementshoof

Departement van Plaaslike Bestuur,

Behuising en Werke

Administrasie: Volksraad

Privaatsak X91OJ

KAAPSTAD

8000

Geagte Meneer

FOSTER-HUIS, OUDTSHOORN : OPKNAPPING EN AANWENDING

Ons verwys graag na die samesprekings gehou op 31 Augustus 1989, tussen dr. W.A. Cruywagen, Nasionale Voorsitter, Stigting Simon der Stel en mej. H. du Preez, verteenwordiger RNG; Wes-Kaap waartydens u departement sy verbintenis tot die restourasie en aanwending van Foster-Huis bevestig het.

Die bedrag van R100 0OO.0O is belowe vir die herstel van die balkonne en om die dak waterdig te maak. Hierdie onderneming is herbevestig in ‘n skrywe van 11 Oktober 1989 aan mnr. J.L. Louw, Hoof bestuurder, Klein Karoo Landbou-Kooperasie Oudtshoorn. Voigens genoemde skrywe moet die bewilligde bedrag voor die einde van die huidige boekjaar bestee word. Hierdie onderneming is weer eens op 7 Maart 199O herbevestig tydens ‘n persoonlike onderhoud te Oudtshoorn met mnr. Chris van Niekerk van u departement. Tot op hede is geen merkbare vordering waarneembaar nie behalwe ‘n opmeting gemaak deur mnr. Boshoff, ‘n plaaslike landmeter op 23 Februarie 1990.

Aangesien daar nog net twee weke van hierdie boekjaar oorbly, was ons in verbinding met ons plaaslike L.P., mnr. Arnold de Jager, op Maandag 12 Maart 199O, waarna hy ons in kennis gestel het dat hy hierdie dringende saak met u bespreek het. Hy het ons verseker dat u binne die volgende week met bekwame spoed op ons versoek insake Foster-Huis sal reageer.

Ons wag angstig op ‘n reaksie van u departement m.b.t saak. Terse1fdertyd wi1 ons u graag hartlik bedank steuning, samewerking en sinvolle bydrae in hierdie hierdie verband.

Vir u inligting heg ons u afdruk aan van ‘n persberig gedateer 23 September 1989, waarin mnr. G.S. Hofmeyr van die RNG aangehaal word.

Met vriendelike groete

VOORSITTER
BEWAR1NGSKOMITEE OUDTSHOORN:
STIGTING SIMON V.D. STEL

6 MEI 1990
17 MEI 1991

WET OP NASIONALE GEDENKWAARDIGHEDE,
No. 28 VAN 1969

VERKLARING VAN EIENDOM TOT NASIONALE GEDENKWAARDIGHEID

Kragtens die bevoegdheid my verleen by artikel 10 (1) van die Wet op Nasionale Gedenkwaardighede, 1969 (Wet No. 28 van 1969), verklaar ek, Theodorus Gerhardus Alant, Adjunk-minister van Nasionale Opvoeding, hierby die eiendom in die Bylae hiervan volledig beskryf, tot nasionale gedenkwaardigheid.

BYLAE

DIE EIENDOM, TESAME MET DIE HISTORIESE DUBBELVERDIEPINGHEREHUIS BEKEND AS “RUS IN URBE” DAAROP, IN VOORTREKKERSTRAAT, V OUDTSHOORN.

Beskrywing:

Die eiendom, tesame met die historiese dubbelverdiepingherehuis bekend as “Rus in Urbe” daarop, synde ‘n gedeelte van die restant van Erf 4816, Oudtshoorn (nou bekend as Erf 5398, Gedeelte van Erf 4816, Oudtshoorn), gele� in die munisipaliteit en administratiewe distrik Oudtshoorn en groot 3017 (drieduisend-en-sewentien) vierkante meter, soos aangedui deur die figuur ABCDEF op Landmeterskaart LG 3511/1990, gedateer 12 Julie 1990, geliasseer in die kantoor van die Landmeter-generaal te Kaapstad en op L�er 19/2/068/3 by die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede te Kaapstad.

Transportakte T4824/1982, gedateer 9 Februarie 1982.
T. G. ALANT, Adjunk-minister van Nasionale Opvoeding.

Queen’s Hotel History

Queen’s Hotel History

QUEENS HOTEL

The hotel with its distinctive colonial atmosphere is situated in the heart of Oudtshoorn’s tourist area – Baron van Reede Street.

  • The Queen’s Hotel is the third oldest hotel in South Africa.
  • It was built in 1880.
  • The original building was made of stone and had a thatched roof.
  • The first owner was Mr Ford.
  • Mr Ford was shortly followed up by Mr Stokkam.
  • This was roundabout 1885.
  • The third owner was a famous Oudtshoorn personality, Mr Johnny Bawden. He was born in Ireland in 1856 Moved to Oudtshoorn in 1881 Major. John Bawden attended the Betsjoeanaland Expedition. He was in charge of the “Oudtshoorn Home guard” during the Anglo Boere War The Queen’s Medal was awarded to him, this is where the Queen’s Hotel Got it’s name from originally in 1886.
  • He managed the hotel until 1913 when he passed away.
  • He was followed up by his son-in-law, Mr F Cilliers.
  • He managed the hotel until 1938 and sold the hotel to Mr Schmidt.
Standard Bank

Standard Bank

STANDARD BANK

STANDARD BANK - EERSTE BANK IN OUDTSHOORN

Ons kyk nou na die vroeë geskiedenis van die Standard Bank in Oudtshoorn. Die Oudtshoorn-tak is op 17 Januarie 1876 geopen, dus 128 jaar gelede. Dit was die eerste bank op Oudtshoorn en – volgens Dr Boemkhe – is dit bedryf uit slegs een vertrek wat in die Devine Hall Building geleë was.

Die gebou met die naam Devine Hall was op die hoek van Kerkstraat en Hoogstraat geleë, waar Schoemans Radio vandag is. Binne vier jaar was dit nodig vir die bank om ‘n groter perseel te bekom en in ongeveer 1880 skuif hulle na ‘n woonhuis in Baron van Reedestraat wat aan Gert “Towers” Olivier behoort het. (Onthou julle nog dot die oorspronklike naam van hierdie straat Main Street en later Queen Street was?) Hierdie gebou was geleë waar Spur vandag is en daar het hulle tot 1889 gebly.

Mnr Seymore het nie ‘n te hoë ding van die eerste bestuurer, Jan Willem Stuckeris Langerman – toe slegs 24 jaar oud – gehad nie, en hy sou heelwaarskynlik verbaas gewees het oor Langerman se sukses, want Mnr Langerman het gevorder tot Sir John Langerman, die mynmagnaat!

1889 SKUIF DIE BANK WEER

Hierdie keer skuif Standard Bank na die hoek van Baron van Reedestraat en Kerkstraat – daar waar Pam Golding geleë is tot waar Golden Scissors is.

Dit was ‘n gebou wat aan P.R. Schoeman (Philip) behoort het, volgens Ferreira se uitstalling in die C.P. Nel museum.

Die foto wat by die ingang van die huidige Standard Bank-gebou hang met die onderskrif “Second Branch”, is eintlik ‘n foto van die derde perseel – waarheen hulle in 1897 getrek het – wat in die Ou Mutual gebou aan die suidekant van Kerkstraat geleë was. (Dit was ‘n pragtige gebou en dit is ‘n baie groot jammerte dat hy nie meer bestaan nie.)

Dit was ‘n dubbelverdieping gebou en op die boonste vloer was ‘n losieshuis en daar het dit soms so jolig gegaan dat die bankbestuurder gekla het dat hy en die kliente mekaar nie kon hoor nie!

Van daar af, in 1904, het die bank geskuif na die gebou waar hulle tans is. Die gebou is op 10 Mei 1904 amptelik geopen.

Source: Ronnie van Rensburg